Pars 2022: Terugvoer van Klawer Wyne se CEO

Pars 2022: Terugvoer van Klawer Wyne se CEO
published on:

Die Olifantsriviervallei het elke jaar sy uitdagings om ʼn goeie oes in die kelder te kry en so het 2022 ook syne gehad. Na die droogte het Covid-19 die kollig gesteel en vir ons die lewe moeilik gemaak.

Die goeie winterreën het die Clanwilliam dam vinnig vol gemaak en die Olifantsrivier produsente was positief en het uitgesien na ʼn goeie 2022 oes. Oestyd was net goed op dreef, toe steel Rusland weer die kollig met sy oorlog teen Oekraἲne. Alhoewel dit vêr van ons af is, gaan dit indirek ook op ons wynbedryf ʼn invloed hê.

Die koeler aanloop tot die oes het die inname tempo gemaklik gemaak en die wynmakers kon die druiwe op die nodige tyd inbring en die nodige aandag daaraan gee.

Ons sien uit na mooi wyne wat in die Klawer bottel gaan beland en is positief oor die res van die jaar wat nog voorlê. Uitdagings sal daar wees, maar ons pak hulle aan soos dit kom - Andries Blake

Klawer Wyne se wingerdboukundige, Johannes Mellet: interessante feite oor die afgelope Pars 2022

"Met die koel en klam weer, was die oes heelwat later as normaalweg. Suikers het stadig geklim, maar die druiwe het ook kans gekry om heeltemal te ontwikkel voordat die suiker te hoog geraak het. Tannien, geur en kleur het dus volledig ontwikkel. Dit was soms senutergend om die ekstra weke te wag, maar ons is beloon met goed gebalanseerde en fisiologies ryp druiwe.

Met die koel gematigde weer was daar minder verskil tussen ons vroeë en laat produksie areas. Druiwe het dus minder volgens area en meer volgens kultivar ryp geword. Saam met die geleidelike rypwording het dit die inname van die druiwe baie makliker gemaak.

Ons oes is ongeveer 18% kleiner."

- Johannes Mellet

Product of the month: Klawer Chenin Blanc 2022

Klawer Chenin Blanc 2022 has arrived!

Fresh and prominent aromas of peach, pineapple and a hint of gooseberry are present. This Chenin Blanc has a crisp and zesty mouthfeel, with a full bodied and definite long lingering aftertaste of peaches.

Unwooded and pairs perfectly with a good Weskus Paella enjoyed with friends and family - Wouter Loubser (Klawer winemaker)

Tel: +27 27 216 1530     Fax: +27 27 216 1561     Email: ontvangs@klawerwyn.co.za
Birdfield Farm, N7 P.O. Box 8 , Klawer, 8145, South Africa
Click here to follow Klawer Wine Cellars on Instagram Click here to follow Klawer Wine Cellars on Twitter
AWARE - Association for Alcohol Responsibility and Education Not for sale to persons under the age of 18. Enjoy Responsibly.